# Discovery Bank waarsku kliënte oor toenemende bedrog in Suid-Afrika deur misdadigers wat voorgee om bedrog te beveg. Hulle dring aan dat slagoffers hul kaartbesonderhede moet deel, onder die voorwendsel om verdagte transaksies te keer. Die bank vra kliënte om nooit hulle kaartinligting te deel nie en na veiliger moontlikhede soos virtuele kaarte oor te skakel. Volgens ‘n onlangse opname is meer as 60-persent van die mense in hoër inkomstegroepe besorg oor digitale bedrog. Bedrog sonder die gebruik van fisiese kaarte het met 18,4-persent gestyg.
Discovery Bank waarsku kliënte oor toenemende bankbedrog