Skip to content

Discovery Bank met R3-miljoen beboet weens nie-nakoming

# Die Omsigtigheidsowerheid het administratiewe sanksies en ‘n finansiële boete van drie-miljoen-rand aan Discovery Bank opgelê vir nie-nakoming van die Wet op die Finansiële Intelligensiesentrum. Volgens die owerheid het die bank versuim om onvoldoende beheermaatreëls teen geldwassery aan te meld, nagelaat om 24 verdagte transaksies betyds uit te wys, en versuim om verpligte personeelopleiding te verskaf aan baie werknemers, insluitend senior bestuurders. Volgens Discovery Bank het hulle saamgewerk en die probleme opgelos maar wys uit geen werklike geldwassery is bevind nie.