Skip to content

Dis Wêreld-herwinningsdag

# Die agtste Wêreld-herwinningsdag word vandag gevier om bewustheid te skep oor die belangrikheid van herwinning, en om individue en organisasies aan te moedig om afval te verminder. Vanjaar se tema is: Vier die mag van die Sewende Hulpbron. Die term verwys na materiaal wat herwin is. Volgens die Global Recycling Foundation, word jaarliks 2,1-miljard metrieke ton vaste afval geskep, maar slegs 16-persent word herwin. Herwinning kan teen 2030 meer as ʼn miljard ton koolstofdioksied-vrystellings voorkom.