# Vandag is Internasionale Dag vir die Bewaring van die Osoonlaag. Die doel is om bewustheid te kweek oor die osoonlaag se agteruitgang en oplossings te vind om dit te bewaar. Vanjaar se tema is: Van wetenskap tot wêreldwye aksie. Die dag herdenk die datum waarop die Montreal-protokol oor stowwe wat die osoonlaag vernietig in 1987 onderteken is. Die protokol reguleer die vervaardiging en gebruik van byna 100 mensgemaakte chemikalieë. Die Verenigde Nasies sê die klimaat baat by die Montreal-protokol, wat die uitfasering van kweekhuisgasse insluit.
Dis vandag Internasionale Dag vir die Bewaring van die Osoonlaag