# Diewe het in Parys se Natuurhistoriese Museum ingebreek en ontsnap met goudmonsters ter waarde van 12,3-mijoen-rand in die jongste in ‘n reeks van inbrake by kulturele instellings. Die museum, wat bekend is vir dinosourusgeraamtes en taksidermie, huisves ook ‘n geologie- en mineralogie-galery. Die inbraak is Dinsdagoggend ontdek nadat inbrekers, vermoedelik met ‘n hoekslyper en ‘n blaasvlam, by die kompleks ingebreek het. Dit is geleë aan die rivieroewer in ‘n gebied wat baie gewild is onder Parysenaars en toeriste. Verskeie monsters van inheemse goud in nasionale versamelings is in die museum gehuisves.
Diewe steel goud ter waarde van R12,3-miljoen by Parys se Natuurhistoriese Museum