# Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings verwelkom die komende publikasie van die kennisgewing wat ʼn verbod plaas op nuwe teelgeriewe vir leeus in gevangenskap. Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, het vroeër die week vordering aangekondig met die publikasie van die kennisgewing. Dit sal gevaarlike teelpraktyke verbied en dierewelsyn bevorder. Die DBV sê hierdie langverwagte hervorming is ʼn belangrike mylpaal na jare lange regsoptrede en openbare druk om ʼn bedryf te beëindig wat op wreedheid gevestig is.
Dierebeskermingsvereniging verwelkom verbod op teelgeriewe vir leeus in gevangenskap