Skip to content

Dief skuldig bevind na diefstal van goue toilet uit Engelse paleis

# ‘n Dief wat ‘n goue toilet by ‘n Engelse paleis gesteel het, is skuldig bevind en wag saam met ‘n medepligtige op vonnisoplegging. Die 18-karaat kunswerk was vir byna 109-miljoen-rand verseker. Die ten volle werkende unieke toilet is uit Blenheim-paleis verwyder, die plek waar Brittanje se eerste minister tydens die tweede Wêreldoorlog, Winston Churchill, gebore is. Die kunswerk is voorheen in ‘n New York-museum uitgestal. Die museum het dit aan president Donald Trump gedurende sy eerste termyn aangebied nadat hy ‘n Van Gogh skildery wou leen.