# Die Regeringskommunikasie en -inligtingstelsel het sy beste wense aan die matrieks van 2025 oorgedra voor hulle môre met hul nasionale matriekeksamen begin. Leerders word aangemoedig om die eksamen met toewyding, selfvertroue en vasberadenheid te benader, terwyl ouers en voogde versoek word om ‘n kalm, ondersteunende omgewing by die huis te verseker. Die regering se adjunkwoordvoerder, William Baloyi, beveel gesonde gewoontes aan, insluitend rus, voedsame maaltye en rustye gedurende studies om leerders te help om hul beste te lewer:
Die regering wens die matrieks van 2025 sukses toe met die eksamen wat môre begin [KLANK]
ENG BaloyiOnExams
