# Die adjunkminister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Narend Singh, sê die regering verskerp pogings om uitheemse en indringerspesies op die Tuinroete in die Wes-Kaap aan te pak. Hy het ‘n operasie in Plettenbergbaai bekendgestel om plase en eiendomme te inspekteer en nakoming van omgewingswette te ondersoek. Tussen 2021 en verlede jaar is meer as 160 eiendomme in Knysna en Wildernis geïnspekteer, met 67 wat nie aan die vereistes voldoen het nie. Hy sê indringerplante bedreig biodiversiteit, watervoorrade en verhoog die risiko van veldbrande.
Die regering begin operasie om indringerspesies op Tuinroete te beheer