# Die Nasionale Vergadering het die 2025-2026 Toedelingswetsontwerp goedgekeur. Dit is ‘n deurslaggewende stap in die nasionale begrotingsproses. Die wetsontwerp gee die regering toestemming om openbare fondse vir verskeie departemente en dienste aan te wend. Altesaam 262 parlementslede het ten gunste van die wetsontwerp gestem en 90 daarteen, insluitend die EFF en die MK-party. Die adjunkminister van Finansies, David Masondo, sê as die wetsontwerp nie aanvaar is nie, sou dit verwoestende gevolge gehad het:
Die Parlement het die Toedelingswetsontwerp goedgekeur, wat die regering magtig om net meer as R1,2-duisend-miljard te bestee [KLANK]
ENG MasondoOnDelivery