Skip to content

PA en ActionSA neem wyke af by die ANC in tussenverkiesings

# ActionSA en die Patriotic Alliance het in gister se tussenverkiesings wyke gewen wat voorheen deur die ANC gehou is. Raymont Ismael Steenkamp van die PA het wyk 29 in Johannesburg gewen en Julian Alan Matthysen het ‘n oorwinning behaal in wyk 6 in Swellendam. Moses Moumakwa van ActionSA het wyk 7 in die Ramotshere Moiloa Plaaslike Munisipaliteit in Zeerust, Noordwes, gewen. Die ANC het ander wyke behou in tussenverkiesings in die Oos-Kaap, Limpopo en die Wes-Kaap.