Skip to content

Die legendariese Italiaanse modeontwerper Giorgio Armani is oorlede

# Die Italiaanse modeontwerper Giorgio Armani is op 91-jarige ouderdom oorlede. Hy het in 1975 saam met sy vennoot Sergio Galeotti die luukse modehuis wat sy naam gedra het, gestig. Armani is as ‘n pionier beskou wat rooitapytmode verhef het tot wat dit vandag is. Die Armani-groep het hom as ‘n begeesterde dryfkrag beskryf. Die Italiaanse premier Giorgia Meloni het hulde gebring aan Armani en gesê hy kon met sy elegansie, nugterheid en kreatiwiteit glans aan Italiaanse mode bring en die hele wêreld inspireer.