# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê die party implementeer ‘n gestruktureerde plan om dienslewering, infrastruktuur en regeringsuitdagings deur middel van ‘n nasionale krisisbevelsentrum aan te spreek. Mbalula het verwys na die ontwikkelende verhouding met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party en gesê raadslede en regeringsdepartemente moet op gemeenskapskwessies reageer. Mbalula het ook bevestig slegs goedgekeurde partykonferensies sal toegelaat word. Hy het bevestig takvergaderings vir kandidaatkeuring voor die 2026-plaaslike regeringsverkiesing het op 1 April onder streng riglyne begin.
Die ANC stel ’n plan in werking om bestuursuitdagings aan te spreek