# Die ANC sê die groei van 0,5-persent in die ekonomie in die eerste kwartaal van die jaar, is ‘n bemoedigende bewys dat die ekonomiese hervormings en ingrypings wat deur die regering ingestel is, bydra tot verbeterde ekonomiese aktiwiteit. Volgens Statistiek Suid-Afrika was die finansiële sektor die grootste bydraer aan die produksiekant van die ekonomie, met ‘n bydrae van 0,2 persentasiepunte tot die algehele groei van die bruto binnelandse produk. Landbou, handel en vervoer het ook goed presteer. Die ANC sê hulle erken dat daar nog baie werk gedoen moet word om werkloosheid, armoede en ongelykheid aan te spreek.
Die ANC sê die voortgesette groei van die ekonomie is bemoedigend