Skip to content

DHL Express skort aflewering van pakkette van meer as R15-duisend aan VSA op weens rompslomp

# DHL Express skort van vandag af die aflewering van pakkette ter waarde van meer as 15-duisend-rand aan die VSA op, weens ‘n aansienlike toename in rompslomp. Dit volg op die instelling van die Amerikaanse president Donald Trump se nuwe tariewe. Die wêreldwye logistieke en internasionale verskepingsmaatskappy sê die aflewerings van alle lande sal tot verdere kennisgewing gestaak word, hoewel sake-versendings steeds sal voortgaan. BBC berig pakkette ter waarde van tot 47-duisend-rand kan met minimale papierwerk die VSA binnekom.