Skip to content

Department van Verdediging het byna R110-miljoen aan huur by St George-hotel in Pretoria bestee

# Die Departement van Verdediging erken dat hy amper 110-miljoen-rand bestee het aan huur by die St George-hotel in Pretoria. Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, het die syfers bekend gemaak na ‘n vraag in die parlement. Sy blameer die Department van Openbare Werke dat hy nie voldoende staatseiendomme beskikbaar gestel het nie. Volgens News24, het die hotel tussen 2022 en verlede jaar die Nasionale Krygskollege en Verdedigingskollege gehuisves. Die DA vra vir ‘n ondersoek, terwyl ActionSA Motshekga en haar adjunkte kritiseer dat hulle meer as 20-miljoen-rand aan oorsese reise bestee het.