Skip to content

Departement van Maatskaplike Ontwikkeling maak alarm oor onwettige rehabilitasiesentrums

# Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling waarsku teen onwettige rehabilitasiesentrums wat kwesbare lewens in gevaar stel. Dit is vandag Internasionale Dag Teen Dwelmmisbruik en Suid-Afrika sluit aan by die res van die wêreld met verrigtinge in Standerton, Mpumalanga. Die departement sê Standerton is ‘n berugte brandpunt vir dwelmsmokkelary en daar was die afgelope tyd verskeie klopjate uitgevoer. Die departement vra individue om geregistreerde geriewe te gebruik. Daar is reeds 103 onwettige sentrums geïdentifiseer, waarvan 16 suksesvol gesluit is. Die departement moedig individue wat met dwelmmisbruik sukkel, aan om by geregistreerde, betroubare geriewe hulp te soek.