# Die Departement van Gesondheid wil vandag in Pretoria tydens Wêreldborsvoedingsweek bewustheid skep oor die lewenslange voordele van borsvoeding. Die veldtog het ten doel om die dalende borsvoedingsyfers in die land, van 32-persent in 2016 tot 22-persent in 2024, om te keer. Die fokus sal wees op die vestiging van ondersteuningstrukture om babas se gesondheid, moeders se welstand en omgewingsvolhoubaarheid te bevorder. Die tema rondom die prioritisering van borsvoeding, met die oog op die skep van volhoubare ondersteuningstelsels, word in vennootskap met ondermeer die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Verenigde Nasies se Kinderfonds aangebied.
Departement van Gesondheid stuur Wêreldborsvoedingsweek in Pretoria van stapel