# Die Departement van Basiese Onderwys en die Departement van Indiensneming en Arbeid, stel werksgeleenthede vir die jeug bekend met Fase 5 van die Basiese Onderwys Indiensnemingsinisiatief wat daarop gemik is om in Junie vanjaar te begin. Die projek is ‘n integrale deel van die Presidensiële Indiensneming-stimulus. Fase 5 word ondersteun deur die Nywerheidsontwikkelingskorporasie as die implementerings-agent om toelaes aan begunstigdes uit te betaal. Die departement sê Fase 5 teiken meer as 200-duisend werksgeleenthede vir die jeug in al nege provinsies.
Departement van Basiese Onderwys moedig jeug aan om aansoek te doen vir werksgeleenthede