Skip to content

Departement van Arbeid versoek aangewese werkgewers om diensbillikheidsplanne af te handel

# Die Departement van Indiensneming en Arbeid sê alle aangewese werkgewers moet vanaf volgende maand tot Augustus 2030 hul diensbillikheidsplanne voorberei en instel. Dit volg ná die afsluiting van nasionale slypskole wat daarop gemik was om werkgewers te lei oor hoe om aan die gewysigde Wet op Diensbillikheid te voldoen. Klein ondernemings met minder as 50 werkers hoef nie meer verslae in te dien nie. Die departement se woordvoerder, Teboho Thejane, sê die fokus is op billike aanstellings en nie kwotas nie.