Skip to content

Deloitte betrek by BBC-ondersoek na Abramovich se belastingontduiking

# ‘n BBC-ondersoek toon die rekenmeesters Deloitte het gehelp om dokumente te vervals om die Russiese miljardêr Roman Abramovich se rykdom te verberg en belasting te ontduik in Brittanje. Luukse seiljagte, herehuise en privaat vliegtuie van 11,1-miljard-rand het verdwyn uit die onderneming se rekords nadat finansiële dokumente terugdateer is. BBC Panorama en die Buro vir Ondersoekende Joernalistiek het saam ondersoek gedoen na buitelandse ondernemings wat in Ciprus bestuur word. Abramovich ontken belasting-ontduiking of dat hy geweet het van die vervalsings. Deloitte Ciprus sê hy voldoen aan die wet.