Skip to content

De Lille ontken dat sy uitvoerende hoof van SA Toerisme beskerm het [KLANK]

# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, het bewerings verwerp dat sy nie opgetree het teen onreëlmatighede by Suid-Afrikaanse Toerisme nie. De Lille het in die Parlement gereageer op vrae oor die ontbinding van die raad en ontken bespiegelings dat sy dissiplinêre stappe teen die uitvoerende hoof, Nombulelo Guliwe, geblok het. Sy sê mediaberigte het haar onregverdig uitgebeeld en dring aan dat sy feite verskaf aan die komitee. Sy hou vol sy het die behoorlike proses gevolg en binne die wet opgetree:

ENG-DeLilleOnCEO