Skip to content

David Mabuza se dogter is in die hof om sy pensioenuitbetaling van R44-miljoen te stop

# Wyle oud-adjunkpresident David Mabuza se dogter uit ‘n vorige huwelik het ‘n dringende aansoek in die Hooggeregshof in Mpumalanga ingedien om sy pensioenfondsuitbetaling aan sy weduwee, Nonhlanhla Mnisi, te keer. Tamara Silinda beweer Mabuza was in ‘n tradisionele verbintenis met haar moeder, Emunah, getroud. Sy wil hê Alexander Forbes moet verhoed word om enige uitbetaling te maak totdat die kwessie van die regmatige begunstigdes afgehandel is. Sy beweer sy is ‘n gedeelte van die 44,7-miljoen-rand verskuldig vir haar lewens- en opvoedingskoste.