Skip to content

David Kramer kondig onverwagse dood van sy vrou aan

# Die bekende Suid-Afrikaanse musikant, David Kramer, het aangekondig sy vrou, Renaye is onverwags dood. Die egpaar was sedert hul skooldae in die 1960’s in Worcester in die Wes-Kaap saam en het twee dogters, Jesse en Amy. Die 75-jarige Kramer skryf op sosiale media Renaye se dood het hom verpletter, maar nie die oorsaak van haar dood bekend gemaak nie. Sy het ‘n belangrike rol in sy werk gespeel. Kramer is bekend vir treffers soos Blokkies Joubert en Hier sit die Manne, en het ook suksesvolle musiekblyspele saam met die vermoorde musikus Taliep Petersen geskryf.