# Die Dalai Lama het aangekondig dat iemand hom ná sy dood sal opvolg om die eeue-oue tradisie voort te sit. Dit het ‘n brandpunt geword in die stryd met China se Kommunistiese Party oor die toekoms van Tibet. Die Nobelpryswenner woon in Indië sedert hy in 1959 uit Tibet gevlug het ná ‘n mislukte opstand teen China se kommunistiese bewind. Die aankondiging enkele dae voor sy 90ste verjaardag baan die weg vir ‘n fel stryd tussen Tibetaanse leiers in ballingskap en China se ateïstiese Kommunistiese Party oor sy opvolging.
Dalai Lama onderneem om nié die laaste leier van Tibetaanse Boeddhisme te wees nie