# ‘n Mosie van wantroue teen die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, het misluk. Honderd-44 raadslede het teen die DA se mosie gestem, 75 ten gunste daarvan en 43 het buite stemming gebly. ‘n Belangrike ANC-bondgenoot, ActionSA, het buite stemming gebly en gesê hy kan nie Morero se rekord verdedig nie. Die GOOD-party het gewaarsku indien die burgemeester verwyder word, sal onbestendigheid in die stad vererger. Morero bly dus in die amp danksy die steun van kleiner partye, ondanks toenemende oproepe vir beter bestuur.
Dada Morero bly burgemeester van Johannesburg na DA se mosie van wantroue misluk