# Die DA het aan die lig gebring die Suid-Afrikaanse Polisiediens het slegs een operasionele helikopter om die hele Oos-Kaap te bedien. Daar is vier helikopters toegeken, maar een is sedert 2019 gehok en wag steeds op herstelwerk, en nog twee is ook buite werking. Die DA-lid, Yusuf Cassim, waarsku dit is ‘n ernstige belemmering in die stryd teen misdaad en veediefstal. Cassim doen ‘n beroep vir die onmiddellike gebruik van hommeltuie om wetstoepassingskapasiteit te versterk:
DA waarsku daar is slegs een operasionele polisiehelikopter in Oos-Kaap [KLANK]
ENG CassimOnHelicopter