Skip to content

DA vra vinnige optrede by Suidelike stortingsterrein in Bloemfontein [KLANK]

# Die DA sal die LUR, Saki Mokoena, skriftelik vra vir strenger toesig oor Mangaung Munisipaliteit se Suidelike stortingsterrein in Bloemfontein. David van Vuuren van die DA sê onlangse inspeksies het brande, gesondheidsgevare, onwettige storting en statutêre oortredings aan die lig gebring. Hy sê die munisipaliteit het ‘n herlewingsplan goedgekeur, insluitend heinings, afvalverwydering en verbeterde toegang. Die DA vra die opening van ‘n noordelike toegangspad om onwettige storting te verminder en openbare gesondheid te beskerm:

AFR VanVuurenOnFire