# Die DA se parlementêre leier George Michalakis vra dat die Spesiale Ondersoekeenheid moet kyk na beweerde kuberbedrog in die Stad Ekurhuleni. Michalakis sê berigte dui daarop dat kuberkrakers, wat na bewering met amptenare saamgewerk het, toegang tot munisipale elektrisiteitsfaktuurstelsels verkry het en skuld uitgewis of gewysig het, wat ‘n inkomste tekort van meer as twee-miljard-rand veroorsaak het. Hy waarsku dat die beweerde oortredings en moontlike korrupsie dienslewering ernstig kan raak en oortredings van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur kan behels.
DA vra SOE-ondersoek na beweerde bedrog van R2-miljard in Ekurhuleni