Skip to content

DA vra Openbare Beskermer om Johannesburg se diensleweringsmislukkings te ondersoek [KLANK]

# Die DA het ‘n klag by die Openbare Beskermer ingedien en ‘n ondersoek gevra na wat hy beskryf as sistemiese diensleweringsmislukkings in Johannesburg. Die party se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Helen Zille, het na ‘n inspeksie van die Nancefield-rioolpompstasie aan die media gesê voortdurende rioolstortings, onveilige behuising en infrastruktuur wat voortdurend agteruitgaan toon die stad het inwoners in die steek gelaat. Zille vra dringende ingryping en verantwoordbaarheid oor openbare besteding en vertraagde regstellende optrede:

ENG ZilleOnFailures