Skip to content

DA vra dringende ondersoek nadat Nasionale Veiligheidsraad-verslag na bewering uitlek

# Die DA vra ‘n dringende ondersoek nadat ‘n geklassifiseerde Nasionale Veiligheidsraad-verslag uitgelek het, en beweer dit bevat vals en skadelike bewerings oor hul besoek aan Amerika vroeër vanjaar. Die party het president Cyril Ramaphosa gewaarsku dat die dophou van Parlementslede en die uitlek van geklassifiseerde inligting ‘n strafregtelike oortreding is. Die DA-lid, Emma Louise Powell, sê staatsveiligheidsdienste word bewapen vir politieke gewin. Volgens die verslag het Powell waninligting versprei toe sy en die afgedankte adjunkminister van Handel en Nywerheid, Andrew Whitfield, die VSA besoek het.