# Die DA in Tshwane het kommer uitgespreek oor die voortslepende rioolstorting in Cultura-park in Bronkhorstspruit. Die probleem is ʼn beskadigde rioolpyplyn wat tussen Versterpark en Cultura-park onder deur die N4 loop. Cilliers Brink van die DA sê hierdie langdurige kwessie skep ʼn ernstige gevaar vir openbare gesondheid en die omgewing, veral in die lig van die onlangse uitbreking van ingewandskoors en hoë vlakke bakteriese besmetting in die natuurlike waterstelsels:
DA vra blywende oplossing vir Cultura-park se rioolkrisis te midde van ingewandskoors-uitbreking [KLANK]
AFR CilliersonSewage