# Die DA verwelkom president Cyril Ramaphosa se besluit om die Suid-Gautengse direkteur van Openbare Vervolging, Andrew Chauke, te skors hangende ʼn ondersoek na sy bevoegdheid om die amp te beklee. Hy is al jare lank die middelpunt van bewerings dat hy die Nasionale Vervolgingsgesag as wapen gebruik om die polities magtige en korrupte te beskerm. Glynnis Breytenbach van die DA sê Chauke wat deur oudpresident Jacob Zuma aangestel is, het korrupte persone beskerm en baie vervolgings teen elemente van staatskaping vertraag.
DA verwelkom skorsing van Suid-Gautengse NVG-direkteur Andrew Chauke