Skip to content

DA verwelkom langverwagte besluit om individue betrokke by Life Esidimeni-tragedie te vervolg [KLANK]

# Die DA in Gauteng het die Nasionale Vervolgingsgesag se besluit verwelkom om regstappe te doen teen individue wat betrek word by die Life Esidimeni-tragedie. Die tragedie het tussen 2015 en 2016 ontvou toe psigiatriese pasiënte van gelisensieerde sorgfasiliteite na ongeregistreerde en swak toegeruste sentrums verskuif is. Dit het gelei tot die dood van sowat 141 pasiënte. Die aanklagte sal strafbare manslag insluit. Jack Bloom van die DA sê suksesvolle vervolgings sal as ‘n afskrikmiddel dien deur werklike gevolge te toon vir diegene wat kwesbare pasiënte mishandel:

ENG BloomOnConsequences