# Die DA versoek die Onafhanklike Ondersoekdirektoraat van die polisie om die hantering van die bedrogsaak deur die polisie teen die voormalige burgemeester van Johannesburg, Kabelo Gwamanda, te ondersoek. Die party beweer ondersoekbeamptes het slagoffers van die bedrog onder druk geplaas om die saak buite die hof te skik en is nie ingelig oor die voorlopige terugtrekking van die aanklagte nie. DA-woordvoerder, Belinda Kayser-Echeozonjoku, glo dit ondermyn die integriteit van die strafregstelsel: