# Die DA het sy verontwaardiging uitgespreek oor berigte dat 130 vlootrekrute by die SAS Saldanha-opleidingsbasis honger ly en swak akkommodasie het. Die DA se Nicholas Gotsell sê dit ontbloot diepgaande sistemiese mislukkings in die verdedigingsleierskap. Die rekrute het na bewering maande lank op die minimum rantsoene oorleef te midde van konstruksievertragings by die Simonstad-vlootbasis. Hy sê die DA sal dringende parlementêre vrae oor voorsiening, beplanning en begroting vir die betrokke rekrute indien:
DA veroordeel SANW oor vlootrekrute wat honger ly by SAS Saldanha [KLANK]
AFR-GotsellOnStarvation