# Die DA het kritiek uitgespreek teenoor die Departement van Indiensneming en Arbeid nadat dit bevestig is dat die kommissaris van die Werkloosheidversekeringsfonds, Teboho Maruping, 1,4-miljoen-rand ontvang het nadat hy meer as ‘n jaar gelede geskors is. Hy is in September verlede jaar geskors vir sy vermeende betrokkenheid by ‘n vyf-miljard-rand kontrak tussen Thuja Holdings en die fonds. Die DA sê minister Nomakhosazana Meth moet verduidelik waarom Maruping se dissiplinêre proses voortsleep, en wie verantwoordelik is vir die duur vertragings.
DA veroordeel betaling van R1,4-miljoen aan geskorste hoof van werkloosheidsversekeringsfonds