# Die DA sê die omskakeling van die maatskaplike verligting noodtoelaag na ‘n toelaag vir werksoekers asook die hervorming van kollektiewe bedinging, is deurslaggewende stappe in die bevordering van werkskepping. Die jongste kwartaallikse indiensnemingsyfers toon daar is 91-duisend minder werksgeleenthede en die party bepleit dringende pro-groei-hervormings, insluitend die ontbondeling van die energiemark, die ondersteuning van klein ondernemings en die verbetering van logistiek. Michael Bagraim van die DA glo hierdie veranderings sal help om die werkloosheidsyfer, wat tans byna 42-persent is, te verminder.
DA stel werksoekerstoelaag en bedingingshervormings voor om werk te skep