# Die DA in die Wes-Kaapse regering het 172 Nuwe Energievoertuie, NEV’s, aangeskaf, wat sy geskeduleerde vlootoorgangsteiken van 2,5-persent oortref. Verskeie departemente, insluitend Maatskaplike Ontwikkeling en Staatsmotorvervoer, gebruik nuwe energievoertuie, NEV’s, terwyl laaipunte vir elektriese voertuie regoor Kaapstad geïnstalleer word. Nomafrench Mbombo van die DA sê die gewaagde stap posisioneer die provinsie as ‘n leier in volhoubare, lae-koolstof vervoeroplossings.
DA sê Wes-Kaapse regering stel voorbeeld deur lae-koolstof-oorgang te dryf