# Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op die provinsiale regering om die internasionale voedselmark dringend ten volle operasioneel te maak. Die party het gister buite die fasiliteit betoog omdat die projek van drie-miljard-rand grootliks onaktief bly, al het hulle verlede maand hul eerste kliënt verwelkom. Trudie Grovè-Morgan van die DA sê die projek het steeds nie die 100-duisend werksgeleenthede gelewer wat belowe is nie. Sy het bygevoeg die provinsie se hoë werkloosheidsyfer, veral onder jongmense, maak dit belangrik dat die mark ten volle operasioneel gemaak word.
DA sê vertraagde voedselmark kos Mpumalanga duisende werksgeleenthede