Skip to content

DA sê Suid-Afrika se ekonomiese hervorming te stadig om behoorlik werk te skep

# Die DA sê die jongste kwartaallikse arbeidsmagpeiling wys die noodsaaklikheid van ernstige ekonomiese hervorming. Volgens die peiling het Suid-Afrika in 2026 se eerste kwartaal 345-duisend werksgeleenthede verloor en die werkloosheidsyfer staan nou op 32,7-persent. Uitgebreide werkloosheid het tot 43,7-persent gestyg. Die DA-leier Geordin Hill-Lewis sê ekonomiese hervorming is te stadig, te versigtig en word te maklik deur ander prioriteite vervang. Hy sê die land se sentrale nasionale doelwit moet wees om die ekonomie te laat groei en werk te skep.