# Die DA sê dit is kommerwekkend dat die Nasionale Vervolgingsgesag nie kan naspoor of SAPD-arrestasies vir onwettige vuurwapenbesit tot vervolging of skuldigbevindings lei nie. Die Wes-Kaapse polisie het tussen Januarie 2020 en Desember 2024 13-duisend-727 arrestasies vir onwettige vuurwapenbesit aangemeld. Slegs een-duisend-745 sake het egter in skuldigbevindings geëindig, terwyl een-duisend-897 van die rol geskrap is. Nicholas Gotsell van die DA sê die NVG het erken dat sake dikwels teruggetrek word weens onvolledige ondersoeke of swak gehalte bewyse:
DA sê SAPD se stelselgebreke lei daartoe dat wapenoortreders skotvry daarvan afkom [KLANK]
AFR NicholasonSystem