Skip to content

DA sê ANC se finansiële wanbestuur het Ekurhuleni in grootskaalse krisis gedompel [KLANK]

# Die DA in Gauteng beskuldig die Stad Ekurhuleni dat hy die wet oortree, klein sakeondernemings kniehalter en dienslewering saboteer. Dit volg nadat die metro versuim het om maatskappye wat dienste lewer binne die voorgeskrewe 30 dae te betaal. Ekurhuleni skuld diensverskaffers 13-miljard-rand. Mike Waters van die DA sê dis ʼn regstreekse oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur en sê die voortslepende finansiële krisis moet onmiddellik aandag kry:

ENG WatersOnMisManagement