# Die DA sê meer as ‘n miljard-rand is vermors op opknappings by 1 Militêre Hospitaal in Pretoria, met kritieke afdelings wat na 25 jaar steeds in ‘n haglike toestand is. Die party sê hoewel die minister van Verdediging, Angie Motshekga, volhou dat die inrigting in ‘n goeie toestand is, bly noodsaaklike afdelings soos noodteaters en apteke onbruikbaar. Nicholas Gotsell van die DA sê korrupsie het die hospitaal gedwing om prosedures uit te kontrakteer, wat miljoene rand meer kos en voortdurende regeringsmislukkings toon: