# Die DA gaan die minister van Sport, Kuns en Kultuur in die Parlement uitvra oor sy departement se mislukkings, soos wanbestuur, befondsing en roekelose finansiële besluite. Die party sê kultuurfeeste en grondvlaksport het gely nadat 82-miljoen-rand van sportfederasies herlei is om video-assistent-skeidsregter-tegnologie in sokker te befonds. Die DA eis dat befondsing vir feeste herstel word, die volledige openbaarmaking van die Mzansi Golden Economy-toekennings, en ‘n onafhanklike beoordelingsproses. Woordvoerder Leah Potgieter vra ook verantwoordbaarheid en ‘n einde aan politieke inmenging:
DA ondervra minister McKenzie in die Parlement oor die onttrekking van ikoniese kultuurfeeste [KLANK]
ENG PotgieterOnMcKenzie