# Die DA in Noordwes het die Portefeuljekomitee oor Ekonomiese Ontwikkeling, die Omgewing, Bewaring en Toerisme versoek om die LUR, Bitsa Lenkopane, te ontbied nadat die provinsie uitgesluit is van Suid-Afrika se G20-toerismebeleggingsberaad. Die DA se woordvoerder, Jóhni Steenkamp, sê terwyl ander provinsies belangrike beleggings kon verseker, het Noordwes moontlike beleggings van een-miljard-rand misgeloop. Die party eis duidelikheid oor projekvoorleggings, jeugbeurstoekennings en dringende planne om die toerisme-infrastruktuur op te knap:
DA ondersoek Noordwes se uitsluiting van G20-toerismebeleggingsberaad [KLANK]
ENG SteenkampOnTourism