# Die DA verwelkom die minister van Landbou, John Steenhuisen, se hervormings om die veediefstal-krisis op te los. Woordvoerder Willie Aucamp sê veediefstal het die afgelope jaar tot meer as 36-duisend gevalle toegeneem waartydens 152-duisend stuks vee gesteel is, wat boere en landelike gemeenskap erg benadeel. Hy sê misdadigers word nie gestraf nie weens mislukte polisie-ondersoeke en -vervolging. Aucamp loof Steenhuisen se pleidooi vir swaarder strawwe, die nasporing van vee en samewerking tussen agentskappe om voedselsekerheid en landelike voortbestaan te beskerm.
DA loof Steenhuisen se stryd teen veediefstal