Skip to content

DA leier sê die verkiesing van die nuwe pous is ‘n herinnering aan dienende leierskap

# Die DA-leier John Steenhuisen sê die verkiesing van Pous Leo die 14de is ‘n tydige herinnering aan almal, veral diegene wat ‘n verkose amp beklee, dat leierskap min beteken indien geen groter sending gedien word nie. Robert Francis Prevost, gebore in Chicago, het ‘n groot deel van sy loopbaan as sendeling in Suid-Amerika deurgebring en het meer onlangs ‘n Vatikaanse kantoor vir biskop-aanstellings gelei. Steenhuisen sê om verkies te word, beteken om met deernis, beginselvastheid en toewyding te dien. Hy wens ook die nuwe Pous sterkte toe.