# Die DA sê dis onaanvaarbaar dat die polisie en Nasionale Vervolgingsgesag toelaat dat openbare druk die ondersoek na die beweerde verkragting van Cwecwe in die Oos-Kaap beïnvloed. Die NVG het besluit om niemand in verband met die beweerde verkragting van die sewejarige meisie te vervolg nie en sê daar was te min bewyse om ʼn suksesvolle vervolging te steun. Die DA sê dis onverskoonbaar dat die ondersoek nie sonder die vereiste vrees, begunstiging of vooroordeel uitgevoer is nie.
DA kritiseer polisie en NVG wat toelaat dat openbare druk die Cwecwe-ondersoek beïnvloed