# Die DA het president Cyril Ramaphosa se besluit gekritiseer om die voormalige minister van Staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, as Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in Frankryk aan te stel. Die party beskuldig die president dat hy die belange van ANC-kaders bo dié van die land en sy buitelandse beleid stel. Die 63-jarige Dlodlo vervang wyle Nathi Mthethwa. Ryan Smith van die DA sê Dlodlo was ernstig onder verdenking en het nie die integriteit of vaardighede om met ekonomiese diplomasie en internasionale handel vertrou te word nie.
DA kritiseer aanstelling van Ayanda Dlodlo as Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in Frankryk [KLANK]
ENG SmithOnDlodloAppointment